Wat ’n onvergeetlike aand van saamstaan, omgee en viering vir Huis Jabes. Ons fondsinsamelingsveiling was ’n groot sukses, moontlik gemaak deur die ondersteuning van ons borge, vriende en gemeenskap wat saamgekom het om die werk van Huis Jabes te ondersteun.
Die aand het ’n heerlike driegang-ete, ’n stylvolle atmosfeer en wonderlike vermaak ingesluit. Onder die bekende gaste en ondersteuners was Early B, Leah van Niekerk, Theresa Bam, Andries Vermeulen en Hunter Kennedy, wat almal bygedra het tot die besondere energie van die aand.
Die geleentheid is aangebied by die pragtige Eensgezind Funksiesaal in Durbanville, waar gaste ’n aand van goeie kos, geselskap en ’n suksesvolle veiling geniet het. Hierdie huis bly oop omdat aande soos hierdie moontlik is. Ons is opreg dankbaar vir elke persoon, borg en vennoot wat betrokke was en ’n bydrae gelewer het.
’n Spesiale dankie aan @earlybmusic vir die fantastiese vertoning en aan @jakkalsvleiwines vir die heerlike tafelwyne.
Ons groot borge vir die aand sluit in:
@ralldonovan @sanlam_group @themagnificentbaristaboys @bellyofthebeast_ct @seebamboes @galjoen_cpt @tmn_entertaiment @sdkca_sa @cwd_accounting @stellenrust_wines
Dankie dat julle saam met ons ’n verskil maak.



