Dankie Duane Vermeulen en Vriende van Huis Jabes

Deel >>

Baie dankie aan Duane Vermeulen wat altyd bereid is om daardie ekstra myl te stap en vir Huis Jabes om te gee. Hierdie ongelooflike skenking beteken vir ons meer as wat woorde kan beskryf.

Ons is opreg dankbaar vir jou ondersteuning, asook vir Laerskool Durbanville en Econo Foods, vir hierdie ruim en betekenisvolle bydrae van R21 319 wat ingesamel is. Dit is danksy mense en organisasies soos julle dat Huis Jabes kan voortgaan om ’n veilige tuiste en ondersteuning te bied aan vroue en kinders wat dit die nodigste het.

Julle maak regtig ’n verskil. Baie dankie vir julle omgee en ondersteuning.