Durbanville Hoërskool se Graad 9’s besoek Huis Jabes

Deel >>

Ons wil graag die Graad 9 leerders van Durbanville Hoërskool bedank vir hul besoek aan Huis Jabes en vir hul hartlike liefdadigheidsprojek. Huis Jabes is ’n veiligheidshuis vir vroue in krisis, en dit beteken baie vir ons wanneer jong mense hul harte oopmaak en by ons werk betrokke raak.

Die Graad 9’s het verskeie items ingesamel en die vroue van Huis Jabes bederf met ’n heerlike “high tea.” Elke vrou het ook ’n geskenkboksie met bederfies ontvang, en die kinders is met geskenke verras.

Dit was ’n wonderlike oggend van saamkuier, omgee en gedeelde vreugde.

Ons is opreg dankbaar vir al die Graad 9 klasse wat ’n bydrae gelewer het. Mag ons altyd onthou om met sagte oë na ander te kyk en mekaar met liefde en respek te behandel. Baie dankie vir julle tyd, moeite en omgee. Ons het dit opreg waardeer dat julle hierdie spesiale oggend saam met ons kom deel het.